Dit is hier waar die belofte begin, die avontuur van die liefde, die belofte dat jul mekaar vir altyd sal bemin.
n Geskilderde troue knus geleë tussen die Waterberg. Uniek, asemrowend en enig in sy soort, met n stoep rooier as Robyn wat uitkyk oor die lieflike Granadilla boord. Asemrowend en prentjie mooi!
Die onthaal het n onbeskryflike atmosfeer daarom nooi ons jul om die bruilof hier te kom deel. Mooiplaas is beslis iets besonders & soveel meer, ons stukkie Kaap in die hartjie van die Bosveld!